Tuesday, May 29, 2012

My drie dogters



Colleen is my oudste dogter, getroud en een seuntjie Tristan van 1 en n half.


Jaen-Mari is die middelste dogter, getroude en 2 dogtertjies, Cailyn 6 jaar en 4 mnde en Angel-Lee 2 jaar en 2 mnd.                                   



Carina is die jongste en nie getroude nie.

Ek veruil hulle vir niemand nie... baie trots op hulle!

Kleinkinders

Op die 9 Januarie 2006 het ek vir die eerste keer ouma geword van n pragtige dogtertjie Cailyn,  haar maa is Jaen-Mari, my middelste dogter. Sy is die jaar graad 0 toe en geniet die skool baie. Ouma se hart se punt!






Op 10 Maart 2010 het Jaen-Mari my weer ouma laat word van n pragtige kleindogter Angel-Lee. Gebore n dag na my. Die enetjie is ouma se linker hartkamer!








Op 16 December 2010 het ek ouma weer eens geword, maar die keer van n seuntjie Tristan, dit  was my oudste dogter Colleen se beurt. Hierdie is ouma se regter Hartkamer!










Na 3 meisiekinders wat ek groot gemaak het het ek gedink ek sal net kleindogters hê. Ons het soveel pret saam almal van hulle woon in Witbank.

Thursday, May 10, 2012

Eerste inskrywing

So begin ek op die halwe winters oggend my nuwe blog. Ek werk al vir die afgelope 11 maande en 10 dae, by Coke Cola Shanduka - Witbank, na amper 12 jaar by Midbank Bus Services - Witbank. Watter aanpassing was dit nie, maar al die pad die moeite werd. Ek het tot die besef gekom, ek moet elke 3 na 5 jaar n skuif maak, dan stagneur n mens nie.

Ek die afgelope tyd mense se blog's gelees, baie intressante inskrywings gelees. Die dame van Naalde en Spelde (estellesing@blogspot.com) het my werklik beindruk en so my eie blog begin. Dankie Estelle.

Ooo ons kan soveel pret het met ons eie geselskap wanneer ons aan n projek werk. Die gedagtes vloei vrylik en ons hoef dit nie met die mense in ons lewe te deel nie. Ons kreatiewiteite kom tot vore en die mense om ons is ons modelle......

Wanneer ek naaldwerk doen, is die adrenalien vlak hoog en ek praat met myself, soek een van my 6 skêre, ag die werksplek lyk asof n orkaan Joe hom getref het, maar  ek is op my gelukkigste in my heiligdom... na n projek of 2 ure 2 ure se werk ruim ek als op. Dan lyk die werksplekkie weer skoon en my hande begin weer jeuk vir n volgende projek of 2 na 3 ure se lekkerte voor my masjiene. n Onuitputbare gesoek na rustigheid, kreatiewiteit en liefde vir die take/projekte wat ek aanpak.

Hier ie ek Orkaan Joe.... lol. nee my naam is Joe Venter gebore 9 Maart en my ster teken n Vis.